GEBAKTE PENNE
250 g maaskaas
2 eiers
375 ml (1 ½ k) parmesaankaas
400 g penne-pasta
30 ml (2 e) olie
5 knoffelhuisies, fyngemaal
1 blik (410 g) tamatiepuree
1 blik (410 g) gekapte tamaties
5 ml (1 t) suiker
5 ml (1 t) gemengde kruie
15 ml (1 e) droë basiel
sout en peper
10 ml (2 t) meelblom
250 ml (1 k) melk
250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C
Bring ’n pot water tot kookpunt oor hoë hitte voeg die pasta by en kook 5 min of tot die pasta begin sag word, maar nie gaar is nie, terwyl jy af en toe roer dreineer en sit eenkant
Klits die maaskaas, eiers en 250 ml (1 k) van die parmesaankaas in ’n middelslag-bak
Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte voeg die knoffel by en soteer 2 min
Roer die tamatie puree, gekapte tamaties, suiker, gemengde kruie en basiel in
Laat prut 10 minute of tot verdik geur met sout en peper en sit eenkant
Roer die meelblom in die melk in verhit in ’n pot oor matige hitte en roer tot verdik
Voeg die maaskaasmengsel by die verdikte melk en voeg dan die kaassous by die tamatiesous met die helfte van die mozzarellakaas
Roer die pasta in die sous in verdeel die mengsel in individuele oondvaste bakke en bedek met die oorblywende parmesaan en mozzarellakaas
Bak ’n halfuur en geniet dit!
No comments:
Post a Comment