Tuesday, 27 May 2014

Indiese Hoender kerrie



GenoeG vir 4 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
45 ml (3 e) olie
1 groot ui, gekap
5 ml (1 t) komynsaadjies
5 ml (1 t) koljandersade
4 kardemompeule 3 lourierblare
3 kerrieblare
2 tamaties, ontvel en gekap
15 ml (1 e) kerriepoeier
5 ml (1 t) geroosterde masala
5 ml (1 t) garam masala
10 ml (2 t) koljanderpoeier
10 ml (2 t) borrie
10 ml (2 t) vars gemmer, fyngemaak
10 ml (2 t) knoffel, fyngemaak
4-6 hoenderfilette, in blokkies gesny
5 ml (1 t) sout
4 middelslag-aartappels, geskil en in kwarte gesny
125-250 ml (½-1 k) water
250 ml (1 k) bevrore ertjies
60 ml (¼ k) vars koljanderblare, gekap
  1. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui en heel speserye tot die ui goudbruin is.
  2. Voeg die tamaties by, verlaag die hitte en kook 5 minute.
  3. Voeg al die fyn speserye, gemmer- en knoffelpasta by en braai nog 5 minute. 4 Geur die hoender met sout en verhit tot ferm. Voeg die
  4. aartappels en water by en laat prut oor lae hitte tot die aartappels sag is, sowat 15 minute. Voeg die ertjies en koljander by.
  5. Verwyder die kastrol van die hitte. Hou die deksel op sodat die ertjies warm kan stoom.
  6. Sit voor met naanbrood of roti’s en ’n tamatie-en-uiesambal.

No comments:

Post a Comment