Tuesday, 27 May 2014

GEBAKTE CARBONARA

GEBAKTE CARBONARA

Picture


genoeg vir 4
250 g spekrepies, in blokkies gesny
400 g (4 k) pennenoedels
2 middelslaguie, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap
30 ml olyfolie
6 eiers
250 ml melk
250 ml room
100 g cheddarkaas, gerasper
sout, neutmuskaat en swartpeper
250 ml ertjies
150 g mozzarellakaas, in blokkies gesny
Verhit die oond tot 180 °C.

METODE:
Braai die spek in ’n middelslagpan tot bros. Voeg die uie en knoffel by en soteer tot sag en deursigtig.
Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie.
Meng die eiers, melk, room en cheddarkaas. Geur met sout, neutmuskaat en peper.
Skep die pasta in ’n oondvaste bak met 'n inhoudsmaat van 3 liter. 
Strooi die ertjies oor en gooi die melk-en-eiermengsel bo-oor. 
Druk die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in.
Bak tot goudkleurig en geset voor jy smul.

No comments:

Post a Comment