Tuesday, 27 May 2014

EENSKOTTEL HOENDER/NOODLE GEREG

HOENDER/NOODLE GEREG 

Picture


1 Hoender (stukke gesny)
2 blokkies Hoenderekstrak
1 - 1½ kop Noedels (enige noedel, skroef, 2min,ens.)
100 ml Mayonnaise
1 groot pak droë Aartappelskyfies (Enige geur) (Fyngemaak)
400 ml Witsous
50 ml gekapte Pietersielie
2 Eiers geklits
METODE:
Was hoender, plaas in kastrol. voeg ekstrak en bietjie kookwater by en kook tot vleis van bene loskom.
Ontbeen hoender en maak vleis fyn.
Kook noedels tot sag in soutwater en dreineer.
Meng hoender, noedels, mayonnaise en helfte van skyfies en skep in vuurvaste skottel.
Meng witsous met pietersielie en eiers en gooi bo-oor. Strooi res van skyfies oor sous.
Bak 20 - 25 minute by 190ºC of tot sous begin verkleur.

GEBAKTE PENNE

GEBAKTE PENNE 

Picture


250 g maaskaas
2 eiers
375 ml (1 ½ k) parmesaankaas
400 g penne-pasta
30 ml (2 e) olie
5 knoffelhuisies, fyngemaal
1 blik (410 g) tamatiepuree
1 blik (410 g) gekapte tamaties
5 ml (1 t) suiker
5 ml (1 t) gemengde kruie
15 ml (1 e) droë basiel
sout en peper
10 ml (2 t) meelblom
250 ml (1 k) melk
250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas

METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C
Bring ’n pot water tot kookpunt oor hoë hitte voeg die pasta by en kook 5 min of tot die pasta begin sag word, maar nie gaar is nie, terwyl jy af en toe roer dreineer en sit eenkant
Klits die maaskaas, eiers en 250 ml (1 k) van die parmesaankaas in ’n middelslag-bak
Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte voeg die knoffel by en soteer 2 min
Roer die tamatie puree, gekapte tamaties, suiker, gemengde kruie en basiel in
Laat prut 10 minute of tot verdik geur met sout en peper en sit eenkant
Roer die meelblom in die melk in verhit in ’n pot oor matige hitte en roer tot verdik
Voeg die maaskaasmengsel by die verdikte melk en voeg dan die kaassous by die tamatiesous met die helfte van die mozzarellakaas
Roer die pasta in die sous in verdeel die mengsel in individuele oondvaste bakke en bedek met die oorblywende parmesaan en mozzarellakaas
Bak ’n halfuur en geniet dit!

GEBAKTE CARBONARA

GEBAKTE CARBONARA

Picture


genoeg vir 4
250 g spekrepies, in blokkies gesny
400 g (4 k) pennenoedels
2 middelslaguie, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap
30 ml olyfolie
6 eiers
250 ml melk
250 ml room
100 g cheddarkaas, gerasper
sout, neutmuskaat en swartpeper
250 ml ertjies
150 g mozzarellakaas, in blokkies gesny
Verhit die oond tot 180 °C.

METODE:
Braai die spek in ’n middelslagpan tot bros. Voeg die uie en knoffel by en soteer tot sag en deursigtig.
Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie.
Meng die eiers, melk, room en cheddarkaas. Geur met sout, neutmuskaat en peper.
Skep die pasta in ’n oondvaste bak met 'n inhoudsmaat van 3 liter. 
Strooi die ertjies oor en gooi die melk-en-eiermengsel bo-oor. 
Druk die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in.
Bak tot goudkleurig en geset voor jy smul.

ALFREDO PASTA

ALFREDO PASTA 




(4 porsies)20 ml olyfolie1 ui, fyngekap2 knoffelhuisies, fyngekap250 g ham, in blokkies gesny250 g portabellinisampioene, in skywe gesnysout en varsgemaalde swartpeper na smaak500 ml room500 g penne-pasta



METODE:Verhit olyfolie in ‘n pan. Braai ui en knoffel saam tot sag en deurskynend. Voeg ham en sampioene by en braai vir sowat 5 minute. Geur met sout en swartpeper. Voeg room by en laat oop kook vir sowat 10 – 15 minute totdat room effens afgekook en verdik het. Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Meng sous met pasta en sit voor met gerasperde pecorino- of parmesaan-kaas.

Knoffel-krummelhoender

Knoffel-krummelhoender



GenoeG vir 4 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 50 minute
4-6 hoenderporsies (boudjies en dytjies)
sout en peper na smaak
125 ml (½ k) bruismeel
125 ml (½ k) fyn broodkrummels
15 ml (1 e) hoenderspeserye
2 eiers
125 g botter, gesmelt
30 ml (2 e) droë knoffelvlokkies
of 3 vars knoffelhuisies, gekap
fynaartappel vir voorsit
Voorverhit die oond tot 200 °C.
  1. Geur die hoenderporsies met sout en peper.
  2. Meng die meel en krummels en geur met die speserye. Plaas in ’n bakkie.
  3. Klits die eiers in ’n aparte bakkie. Doop die hoender in die eier, dan in krummelmengsel en pak dit op ’n bakplaat.
  4. Maak knoffelbotter deur die botter en knoffel te meng. Hou ’n bietjie eenkant en giet die res oor die hoenderporsies.
  5. Oondbak sowat 25 minute tot gaar en bruin. Draai om en bak nog sowat 25 minute tot gaar.
  6. Sit voor met fynaartappel en die orige knoffelbotter.

Hoender-breyani

Hoender-breyani







Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 35 min.
30 ml (2 e) olie
1 ui, in dun skywe gesny
30 ml (2 e) kerriepoeier
5 ml (1 t) breyani-masala
5 ml (1 t) borrie
4 hoenderborsies, in blokkies gesny
500 ml (2 k) rys
1 L (4 k) hoenderaftreksel
15 ml (1 e) breyani-speserymengsel
1 blik (400 g) lensies
sout en peper
30 g amandelskyfies, gerooster
1 tamatie, gekap
2 eiers, gekook en in kwarte gesny
’n hand vol vars koljander, gekap
125 ml (½ k) droë appelkose, gekap (opsioneel)
  1. Verhit die olie in ’n pot en voeg die ui, kerriepoeier, brijani-masala en borrie by. Roer tot effens verbruin. Voeg die hoender by en braai 5 minute.
  2. Voeg die rys, aftreksel en brijani-speserymengsel by en laat prut 20 minute of tot die rys gaar is en al die vloeistof geabsorbeer het. Roer die lensies in, maak deurwarm en geur met sout en peper.
  3. Skep op en bedek met die amandels, gekapte tamatie, gekookte eier en gekapte koljander. Voeg die appelkose by (indien jy dit gebruik).

Indiese Hoender kerrie



GenoeG vir 4 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
45 ml (3 e) olie
1 groot ui, gekap
5 ml (1 t) komynsaadjies
5 ml (1 t) koljandersade
4 kardemompeule 3 lourierblare
3 kerrieblare
2 tamaties, ontvel en gekap
15 ml (1 e) kerriepoeier
5 ml (1 t) geroosterde masala
5 ml (1 t) garam masala
10 ml (2 t) koljanderpoeier
10 ml (2 t) borrie
10 ml (2 t) vars gemmer, fyngemaak
10 ml (2 t) knoffel, fyngemaak
4-6 hoenderfilette, in blokkies gesny
5 ml (1 t) sout
4 middelslag-aartappels, geskil en in kwarte gesny
125-250 ml (½-1 k) water
250 ml (1 k) bevrore ertjies
60 ml (¼ k) vars koljanderblare, gekap
  1. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui en heel speserye tot die ui goudbruin is.
  2. Voeg die tamaties by, verlaag die hitte en kook 5 minute.
  3. Voeg al die fyn speserye, gemmer- en knoffelpasta by en braai nog 5 minute. 4 Geur die hoender met sout en verhit tot ferm. Voeg die
  4. aartappels en water by en laat prut oor lae hitte tot die aartappels sag is, sowat 15 minute. Voeg die ertjies en koljander by.
  5. Verwyder die kastrol van die hitte. Hou die deksel op sodat die ertjies warm kan stoom.
  6. Sit voor met naanbrood of roti’s en ’n tamatie-en-uiesambal.